MY BOEKE

MY BOEKE

WEEGSKAAL

n Beplande aanval in Parys deur Ciqaab, ‘n radikale groep wat befonds word van regoor die wêreld, dwing Wytze Moolman en Bakary Dje, twee soldate vanuit verskillende generasies, halfronde en kulture om op te tree. Die twee mans se instinktiewe en uiters effektiewe spanwerk lei daartoe dat die Ciqaab-aanval gestuit word.

Kaptein Bakary Dje is opgelei deur die Franse spesiale magte, en dien as offisier in die Vreemde Legioen. Wytze Moolman was ‘n senior offisier in die Suid-Afrikaanse Weermag, maar het sederdien ‘n konsultasiefirma op die been gebring in vennootskap met sy seuns. Wayne en Matt is ‘n rekenaar-ingenieur en rekenmeester met ‘n ingebore weersin in boelies, en die fisiese vermoë om met hulle af te reken. Dje stem in om deel te word van die Moolman familiebesigheid en 3G Research and Advisory sien die lig. Vanaf hul tuisbasis in Utrecht in Nederland, konfronteer die vreeslose lede van 3G georganiseerde misdaad in Japan, bendemisdaad en mensehandel in Frankryk, kubermisdaad in die VK en industriële spieonasie in Italië. Hulle werf Wytze se briljante protégé, Chiyo, en drie ander om by 3G aan te sluit in die voordurende soektog na Ciqaab in Europa.

SOEKTOG

‘n Radikale groep stel ‘n plan in werking om ‘n terreuraanval in Parys uit te voer. Die vonke spat as twee soldate vanuit verskillende generasies en kulture, sonder huiwering die terroriste konfronteer en die aanval stuit. Hierdie toevallige ontmoeting lei uiteindelik tot die stigting van 3G Research and Advisory, ‘n groep wat bestaan uit individue wie se merkwaardige vaardighede hul toelaat om in te tree waar wetstoepassers huiwer.

In Soektog word 3G gekonfronteer met die ontvoering van ‘n Amerikaanse tiener vanuit Los Angeles. Na sy spoorlose verdwyning en sy onverklaarbare opwagting in Griekeland, weke later, stuur 3G ‘n ambisieuse ingryping van stapel om die partye verantwoordelik vir die seun se ontvoering te identifiseer. Op die spoor van smokkelaars wat daarin spesialiseer om mense klandestien oor internasionale grense te vervoer, bevind 3G hulself in ‘n aksie-belaaide wedloop om die skuldiges aan te keer voordat die spoor weer koud word.